Uitskeiding

Tydens die uitskeidings- of ekskresieproses word die afbraakprodukte van metabolisme en ander skadelike of oorbodige stowwe weggevoer wat die organisme op die een of ander manier binnegekom het. By plante is dit dikwels moeilik om vas te stel of die afbraakprodukte sonder meer as afvalstowwe beskou moet word en of dit nog 'n bepaalde funksie vir die plant self kan verrig.

Daarom is die term eksudasie in die geval van plante verkiesliker bo die soölogiese term ekskresie. In die diereryk geskied uitskeiding deur die asemhalingsorgane (koolsuurgas), sweetkliere (water en soute), dermkanaal (onverteerbare vaste afvalstowwe) en veral die niere (urien). By die mens voer die urienweë die urien wat in die niere gevorm word, na buite via die urienleiers, die blaas en die urienbuis.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search